Plantluis

Plantluis
Tydperk: Perm–tans
298–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Aphidoidea
Familie:
Aphididae

Plantluise is klein sapdrinkende insekte en lede van die familie Aphididae.[1] Hulle is van die vernietigendste plae op plante in gematigde streke.[1] Die skade wat hulle aanrig, het hulle wêreldwyd die vyande van boere en tuiniers gemaak, hoewel hulle uit ’n dierkundige oogpunt ’n hoogs suksesvolle groep organismes is.[2]

Sowat 4 400 spesies kom voor.[3] Van hulle is sowat 250 spesies ’n ernstige plaag vir landbou en bosbou en ’n las vir tuiniers. Hulle wissel in lengte van 1 tot 10 mm.

Hul natuurlike vyande sluit in lieweheersbesies en sekere soorte larwes, perdebye en spinnekopppe.

  1. 1,0 1,1 George C. McGavin (1993). Bugs of the World. Infobase Publishing. ISBN 0-8160-2737-4.
  2. Ross Piper (2007). Extraordinary Animals: An Encyclopedia of Curious and Unusual Animals. Greenwood Press. pp. 6–9. ISBN 978-0-313-33922-6.
  3. http://aphid.speciesfile.org/Common/basic/Taxa.aspx?TaxonNameID=1159459

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search